DROOM SAAM MET DIE MONTIES

Die volgende verskyn in die leerders se dagboeke

Ons wil die Montie-gemeenskap uitnooi om by ons tema vir 2023 in te koop en saam met ons mense bewus maak van wat hulle dink, droom en verwag...

Daar is geleentheid vir 11besighede om betrokke te raak by hierdie tema.
• Een besigheid per kalendermaand
• Die besigheid kies self 'n slagspreuk wat die tema ondersteun
• Die slagspreuk (met die besigheid se logo) sal in 'n mooi ontwerp gedoen word en weekliks op die skool se Facebookblad, D6-kommunikeerder en Instagramblad geplaas word en sal deel wees van die nuusbriewe wat per epos aan alle ouers gestuur word
• Die ontwerp sal op die hoofblad van die webtuiste vertoon, met 'n skakel na die besigheid se webblad. Die vorige maande se betrokke besighede en slagspreuke sal op die hoofblad bly vir die res van die jaar.
• Die besigheid se naam sal vir die maand op die skool se elektroniese bord vertoon: (BESIGHEID SE NAAM) droom saam (met die Monties - indien daar voldoende karakters beskikbaar is)
• Die slagspreuke/ontwerpe sal by Ontvangs, asook op die verskillende kennisgewingborde op die terrein, aangebring word vir die volle jaar.
• Die tema sal deel wees van die 2023-Jaarblad en die slagspreuke/ontwerpe sal daarin verskyn.
Ons nooi julle uit om saam met ons te droom: R10 000 - eenmalig.
Maande sal toegeken word in volgorde van bewys van betaling ontvang (bewys van betaling MOET gestuur word aan bemarker@hsmontana.co.za)

BETALINGS KAN GEMAAK WORD AAN:
Hoërskool Montana
Absa tjekrekening 5260143265
Takkode: 632005
Verwysing: DROOM SAAM

Ons sien uit om saam met die Montie-gemeenskap te droom oor dit wat kán wees - en ook dan te sien hoe drome waar word in 2023! 


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres