Die skool skryf jaarliks 'n toneelgroep in om deel te neem aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie, Allegretto-toneelfees en Pronkpodium toneelfees. Dit vind plaas vanaf Junie tot Augustus. Dit is landswye kompetisies, die standaarde is baie hoog en die kompetisie is straf. Die teks word deur mev. Carina Coetzee of eksterne skrywers geskryf. Tydens die kompetisie van 2022 het die leerders weggestap met verskeie goue (85%-100%), silwer (75%-85%) en brons (70%-75%) sertifikate. Dit is 'n opwindende aktiwiteit wat elke jaar met verskeie benaderings ervaar word waarin die Monties uitstekend presteer.