Inskrywings

GRAAD 8 AANLYN AANSOEKE 2024

Die aanlyn aansoeke vir graad 8’s van 2024. Webtuiste: www.gdeadmissions.gov.za Nadat u aanlyn aansoek gedoen het, moet u asseblief gesertifiseerde afskrifte van die volgende dokumentasie by die hoërskool inhandig (binne7 dae na die aanlyn-aansoek):
– Ouer/s se ID-dokument/e
– Leerder se geboortesertifikaat
– Jongste rapport
– Bewys van fisiese adres (verkieslik munisipale rekening nie ouer as 3 maande / amptelike huurkontrak – met verhuurder se ID-afskrif)
In die geval van voogskap moet die amptelike voogskap dokument ook ingedien word. GEEN dokumentasie sal per epos aanvaar word nie.

Die departement sal die aanbiedinge per sms aan ouers uitstuur.
Kriteria vir plasing (in volgorde):
1. Huisadres naaste aan die skool
2. Boetie/sussie in die skool
3. Werksadres naaste aan die skool
4. Binne 30km radius
5. Verder as 30km radius
Vir navrae oor aansoeke, kontak Adéle by 012 548 0160.

GRAAD 8 INSKRYWINGS

Die Gauteng Onderwys se Departementele aanlynstelsel is tans die enigste platform vir registrasie van graad 8 leerlinge.
Registrasie d.m.v. dié skakel: http://www.gdeadmissions.gov.za/

U gaan die volgende dokumentasie benodig vir die aansoek:

•Geserifiseerde afskrif van ouers se Identiteitsdokumente
•Gesertifiseerde afskrif van leerder se geboortesertifikaat
•Mees onlangse skoolrapport
•Bewys van fisiese adres – Slegs Munisipale rekening of huurkontrak met afskrif van Verhuurder se ID Dokument sal aanvaar word

-

The Gauteng Education Department online system is currently the only platform for registrations for grade 8 learners.
Register via the following link: http://www.gdeadmissions.gov.za/

You will need the following documents for the application:

•Certified copy of parents Identity Documents
•Certified copy of learner’s Birth Certificate
•Most recent school rapport
•Proof of physical address – Only Utility Bill or Lease Agreement with copy of the Landlord’s ID will be accepted

ANDER GRADE

DOKUMENTASIE WAT DIE AANSOEK MOET VERGESEL

Afskrifte wat die aansoekvorm moet vergesel:
•Gesertifiseerde geboortesertifikaat van leerder
•Gesertifiseerde identiteitsdokument van ouers/voogde
•Mees onlangse skoolrapport
•Bewys van fisiese adres (bv. Water en ligterekening / Huurkontrak).
•Bewys van fisiese adres (slegs Munisipale rekening / Huurkontrak met afskrif van Verhuurder se •ID Dokument)
•POPIA afrikaans: POPI Indemnity and Permission – Photos Videos
•POPIA afrikaans: POPI Vrywarings en Toestemming – Fotos Videos
•POPIA afrikaans: POPIA Beskerming van Persoonlike Inligting Toestemming
•POPIA english: POPIA Protection of Personal Information Consent

* Graad 9-12: Indien die aansoek suksesvol is, moet ‘n oorplasingsertifikaat op die eerste skooldag ingehandig word.

Stuur die voltooide vorm asb na admin@hsmontana.co.za


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres