Leierskap


Volwasse leierskap is by Hoërskool Montana gesetel in die Skoolbestuur, die Beheerliggaam en ondersteunende komitees. Dit funksioneer baie effektief en dra by tot die positiewe ervaring by Hoërskool Montana.

Leerderleierskap vind erkenning in die amptelike VLR, waar ampsdraers bestaan uit hoofleiers, onderhoofleiers en komiteevoorsitters.

Leierskap word bevorder deur leierontwikkelingsgroepe vir elke graad te identifiseer en op te lei deur die Leierinstituut 

Leierskapsprogram:

In 2009 kry ‘n droom en ‘n behoefte gestalte in die stig van Hoërskool Montana se leieronwikkelingsprogram. Dit het in drie jaar gegroei tot ‘n dinamika waar 212 leerders hulself tuis vind.

Daar vind een keer per maand afsonderlike opleidingsgeleenthede vir Juniors (gr. 8 en 9’s) en vir Seniors (gr.10 en 11’s) plaas. Hiertydens word hulle blootgestel aan onder andere die eise van leierskap, die uitleef daarvan en die bestuur en ontwikkeling van dié Godgegewe talent. Die personeel wat hierdie pad saam met die leerders stap is Mev. N. van Niekerk en Mnr. H. Smit. Daar word ook van tyd tot tyd van buite-instansies gebruik gemaak om die opleiding ‘n praktiese komponent te gee. Vir baie leerders spruit daar dan ook geleenthede uit vir hulle om dié vaardighede prakties uit te leef deur verkiesbaar te wees op die VLR, leiersraad en ander leierposisies. Die leierontwikkelingsgroep van Hoërskool Montana gaan van krag tot krag, en hul leuse: GLO EN WERK.

Doelgerigte, gefokusde en ingeligte leiers onder die jeug is een van die mees belangrike fokusareas van Hoërskool Montana. Een van die belangrikste toegevoegde waardes wat Hoërskool Montana aan die gemeenskap bied, is die kweek van leiers. Die leiers van Hoërskool Montana is positief, entoesiasties en spoor ander leerders aan om eerder ‘n oplossing te vind en te wees as om bloot die foute in die lewe raak te sien.

Die leiers van Hoërskool Montana handhaaf goeie gedrag en hulle waardesisteme is in plek. Ter ondersteuning vir ons leiers word daar Woensdaemiddae ‘n leierskapkursus wat verskillende aspekte van leierskap aanspreek aangebied.

SENIOR VLR

VLR vir 2022
Baie geluk aan die nuwe VLR-lede. Sterkte met die groot taak wat voorlê. Mag julle baie by mekaar leer en mag elkeen groei tot sy/haar volle potensiaal. 

VLR

Ander Grade
Baie geluk aan die nuwe VLR-lede. Sterkte met die groot taak wat voorlê. Mag julle baie by mekaar leer en mag elkeen groei tot sy/haar volle potensiaal. 

JUNIOR STADSRAAD VERTEENWOORDIGER


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres