Die hoogtepunt vir elke graad 12-leerder se matriekjaar. Intense beplanning en droom bring die mooiste skeppings na vore. Dan is daar ook die interessante, unieke voertuie wat die mooi prentjies afrond. Die entoesiastiese skare kry die kans om hierdie sprokie te aanskou wanneer die dames en here die idilliese saal binnegaan op die rooi tapyt. Die matriekafskeid is beslis `n funksie waarop ons baie trots is.