Wanneer dit kom by Montiepret, het ons uit ondervinding geleer dat die kinders nié elke jaar op dieselfde manier P-R-E-T wil spel nie. Die graad 8’s is altyd gretig om dít te doen wat die vorige jaar aangebied is, maar die res van die skool soek iets nuuts. Covid-19 het ongelukkig ons pret vir 2 jaar bederf. 2019 se Montiepretdag het só gelyk: na drie akademiese periodes was dit tyd vir P-R-E-T!
P – Piekniek op die B-hokkieveld
R – Rinkink in die swembad
E – Eet ‘n vleisie wat ons self gebraai het
T - Twaalf-uur was dit tyd om huis toe te gaan.
Om 18:00 was almal terug by die skool – lekker uitgerus en opgetof vir die eerste sokkie in die nuwe, groot saal. Die ouers het heerlik om die braaivleisvure saamgekuier – dit was ook die amptelike inhuldiging van die nuwe saal en swembad. Montiepret 2019 was inderdaad P-R-E-T. Ons is gereed om hierdie jaar weer PRET in oorgawe te hê en elke jaar daarna!