Praktiese lesse is 'n doeltreffende manier om die inligting in die handboek meer verstaanbaar en logies te maak. Bale leerders onthou die praktiese werk ook makliker, en daarom word daar jaarliks sò begroot dat soveel as moontlik praktiese lesse aangebied kan word. Veral in die Wetenskapklasse (Fisies- en Lewenswetenskappe) het die leerders bale pret tydens hierdie klasse. Die Monties geniet die praktiese lesse ongelooflik baie.