Vakke

Vakkeuses

Graad 8 en Graad 9
As gevolg van die feit dat graad 8-leerders vanaf 2001 deel geword het van UGO (uitkomsgebaseerde onderwys), is daar nie meer keusevakke nie, maar wel die 8 verpligte leerareas.

Die leerareas sien soos volg daar uit:
1. Tale en kommunikasie (Afrikaans en Engels)
2. Wiskundige Wetenskappe (Wiskunde)
3. Natuurwetenskappe (Wetenskap en Biologie)
4. Mens- en Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis)
5. Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Bedryfsekonomie, Rekeningkunde)
6. Tegnologie (Bedryfskennis en Huishoudkunde)
7. Kuns en Kultuur (Musiek, Danse, Kuns)
8. Lewensoriëntering (Loopbaanoriëntering)

Graad 10 en 11
Groep A: Verpligte vakke
• Amptelike Eerste Addisionele Taal
• Amptelike Primêre Taal
• Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
• Lewensoriëntering

Groep B: 3 Keusevakke
• Verbruikerstudies
• Toerisme
• Rekeningkunde
• Besigheidstudies
• Lewenswetenskappe
• Fisiese Wetenskappe
• Elektriese Tegnologie
• Ingenieursgrafika en -ontwerp
• Rekenaartoepassingstegnologie
• Siviele Tegnologie
• Visuele Kunste
• Inligtingstegnologie
• Dramatiese Kunste
• Geskiedenis
• Ekonomie
• Geografie


Voorwaardes vir die kies van die volgende vakke
Om Fisiese Wetenskappe of Rekeningkunde as vak te neem, moet Wiskunde ook geneem word.

Tegniese studierigtings vir ingenieurs
Fisiese Wetenskappe en Wiskunde en Siviele/Elektriese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp as ‘n pakket neem.

Tegniese studierigtings vir ambagte
Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Siviele Tegnologie: Konstruksie OF Elektriese Tegnologie: Digitale elektronika as 'n pakket neem.


Graad 12
Die leerders kan hulle vakke kies binne een van die volgende studierigtings:

• Algemene studierigting
• Geesteswetenskaplike studierigting
• Ekonomieswetenskaplike studierigting
• Natuurwetenskaplike studierigting
• Tegniese studierigting

‘n Keusevak kan alleen aangebied word indien daar genoegsame belangstelling is (30 leerders). Daar is heelwat vakke wat deeltyds deur kandidate geneem word en waarvoor leerders akademiese erkenning ontvang.


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres