Die “City of love” as tema vir die jaar se Valentynsbal het nie teleurgestel nie! Die geleentheid van die jaar kon verlede jaar nie plaasvind nie, maar hierdie jaar kon die blink uitrustings weer aangetrek word en die gesiggies het geblom. Die dansvloer het gebewe met opgewonde leerders wat nie wou hê die aand moes eindig nie. Flitsende ligte, seer gedansde voete en duisende fotos later was deel van die aand se herinneringe, die beste nóg na “lockdown”. Parys, jy was 'n sukses en ons sien reeds uit na volgende jaar se funksie.