Buite-kurrikulêr

Hoërskool Montana bied op ‘n wye terrein geleentheid aan al ons leerders om aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem en gee graag erkenning, selfs vir buiteskoolbetrokkenheid.
Deelname word hoog aangeskryf en aangemoedig omdat dit soveel opvoedingsmomente bevat. Ons glo dat leerders ‘n gesonde, gebalanseerde lewenswyse moet handhaaf. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Leerders kan na hartelus hul talente en belangstellings met passie uitleef by Hoërskool Montana.
Ons moedig ook ouerbetrokkenheid by die skoolaktiwiteite aan om sodoende ideale samewerking tussen skool, ouer en kind te bewerkstellig


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres