Leerders kry Woensdae tydens tweede pouse geleentheid om saam met ander leerders en 'n geestelike leier of groep uit die omgewing, op geestelike vlak te groei en sommer net saam te gesels. Vir baie leerders is dit 'n weeklikse hoogtepunt. Monties fokus jaarliks vir 'n hele week op hierdie tema tydens die Toewydingsweek. Ons sien met verwagting uit na 2023 se Toewydingsweek, wat later in die jaar plaasvind.