Borde met positiewe slagspreuke van die leerder se keuse word op die terrein aangebring waar dit sigbaar is vir mede-leerders. Almal het soms ‘n af-dag en hierdie spreuke help om dinge weer in perspektief te sien en ‘n slegte dag weer hoopvol te benader.