Montie-redenaars beloof om 2023 aan die brand te praat. Ons jaarlikse interne kompetisie-uitdunnings was baie gewild en het 'n hele paar nuwe deelnemers opgelewer. Die senior redenaars het veral graad 10-sprekers ingesluit wat dié jaar hul praattalent ontdek het. Dit stop egter nie by hulle nie. Die juniors (veral met die ywer van ons nuwe graad 8-Monties) gaan nog hoër hoogtes bereik. Ons is dankbaar dat Covid-19 begin kwyn het sodat ons kompetisies weer na normaal kan terugkeer. Leerders neem dus vanjaar weer deel soos tevore, voor die blik van 'n paneel en 'n gehoor. Ons sien uit na hul dapperheid en bravado waarmee hulle hierdie jaar se redenaargas aanpak.