Elke tweede jaar bied Monties ons eie interne Toneelfees aan waar die graadgroepe teen mekaar meeding. Die hoogtepunt is die Prestige-aand, waar al die wenstukke optree, asook die ATKV-toneelgroep. Afrikaanse- en Engelse tonele word opgevoer. Die beste senior- en junior tonele en akteurs/aktrises word ook aangewys. Selfs die onderwysers kry geleentheid om hulle talent op die verhoog te leef en hulle sorg gewoonlik dat die gehoor skaterlag. Die Toneelfees is voorwaar iets om op die kalender aan te teken!