Bestellings is NOU OOP! Vir hierdie eerste fase neem ons slegs voorafbestellings via 'n Google-vorm. Geen betaling word nou gemaak nie. Sodra ons bestel- en betaalplatform gereed is, sal almal wat die vorm voltooi het die betalingskakel ontvang.
Het jy ‘n slag met video’s, kreatiewe inhoud of om unieke Montie-oomblikke vas te vang? Registreer as ‘n Smaakmaker en help ons om die wêreld te wys wat die Monties uniek maak.
Die Monties Besigheidsnetwerk is geskep om plaaslike besighede en die Montie-gemeenskap nader aan mekaar te bring.
Dit is ’n platform waar besighede sigbaarheid kan kry, waardevolle verhoudings kan bou en deel kan wees van ’n gemeenskap wat plaaslike groei en samewerking ondersteun.
Ons glo dat sterk gemeenskappe gebou word deur konneksie, vertroue en wedersydse ondersteuning.
Hoërskool Montana Pta Amptelik
Hoërskool Montana is trots om van 10 tot 15 Augustus 2026 vir die eerste keer gasheer te wees van die Allegretto Kunstefees!
Vir ses dae gaan ons skoolterrein bruis van talent, kreatiwiteit en passie wanneer leerders van verskeie skole hul beste op die verhoog aanbied.
Of jy nou 'n deelnemer ondersteun, lief is vir die uitvoerende kunste of bloot 'n onvergeetlike ervaring wil geniet – Allegretto bied iets vir elke kunsliefhebber!
Six Gun Grill Summer Sport Festival Noord host partner
We are now at two venues, simultaneously, this December. Bringing you the best of Six Gun Grill Summer Sport Festival x 2!!
Ons Prospektus gee ’n oorsig van ons akademie, sport, kultuur en skoollewe.
Blaai ook deur ons Jaarblad vir die hoogtepunte, prestasies en Montie-gees van elke jaar.
MONTIE HUISE - JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS!