Vakke

Vakkeuses

Graad 8 en Graad 9
As gevolg van die feit dat graad 8-leerders vanaf 2001 deel geword het van UGO (uitkomsgebaseerde onderwys), is daar nie meer keusevakke nie, maar wel die 8 verpligte leerareas.

Die leerareas sien soos volg daar uit:
1.Amptelike Eerste Taal (Afrikaans)
2. Eerste Addisionele Taal (Engels)
3. Wiskunde
4. Natuurwetenskappe (Fisiese- en Lewenswetenskappe)
5. Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis)
6. Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (Besigheidstudies en Rekeningkunde)
7. Tegnologie
8. Kuns en Kultuur (Musiek, Danse, Kuns en Drama)
9. Lewensoriëntering

Graad 10 - 12
Verpligte vakke
• Amptelike Eerste Taal
• Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
• Lewensoriëntering

3 Keusevakke
• Verbruikerstudies
• Toerisme
• Rekeningkunde
• Besigheidstudies
• Lewenswetenskappe
• Fisiese Wetenskappe
• Elektriese Tegnologie (Digitale Elektronika)
• Ingenieursgrafika en -ontwerp
• Rekenaartoepassingstegnologie
• Siviele Tegnologie (Konstruksie)
• Visuele Kunste
• Inligtingstegnologie
• Dramatiese Kunste
• Geskiedenis
• Ekonomie
• Geografie

Voorwaardes vir die kies van die volgende vakke
Om Fisiese Wetenskappe of Rekeningkunde as vak te neem, moet Wiskunde ook geneem word.

Tegniese studierigtings vir ingenieurs
Fisiese Wetenskappe, Wiskunde, Siviele/Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp as ‘n pakket neem.

Tegniese studierigtings vir ambagte
Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en -ontwerp, Siviele Tegnologie: Konstruksie OF Elektriese Tegnologie: Digitale elektronika as 'n pakket neem.

Graad 12
Die leerders kan hulle vakke kies binne een van die volgende studierigtings:
• Algemene studierigting
• Geesteswetenskaplike studierigting
• Ekonomieswetenskaplike studierigting
• Natuurwetenskaplike studierigting
• Tegniese studierigting

‘n Keusevak kan alleen aangebied word indien daar genoegsame belangstelling is (30 leerders). Daar is heelwat vakke wat deeltyds deur kandidate geneem word en waarvoor leerders akademiese erkenning ontvang. 


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres