Montie Wetenskap Expo

2025

MONTIE WETENSKAP EXPO 2025

Dit is met groot trots dat ons aankondig dat die Montie Wetenskap Expo vanjaar amptelik geregistreer is as ’n Distrik Expo-geleentheid. Hierdie prestasie weerspieël die groeiende betrokkenheid en standaard van wetenskapsbeoefening aan ons skool en binne die groter gemeenskap.

Me. C. Lombard is aan die stuur van hierdie opwindende projek.

Deelnemende Skole
➢ Hoërskool Montana
➢ Hoërskool Overkruin
➢ Thornridge Secondary School

Belangrike Besonderhede
➢ Datum: 17 Mei 2025
➢ Tyd en plek: Hoërskool Montana (meer inligting sal later deurgegee word)

Leerders wat belangstel om deel te wees van hierdie opwindende geleentheid en hul wetenskaplike vaardighede en kreatiwiteit ten toon wil stel, word aangemoedig om Me. Lombard in lokaal L10 te besoek vir inskrywings en verdere inligting.

PRESTASIE VAN 2024

Monties skyn by Wetenskap Ekspo’s!
Ons Monties bewys keer op keer dat hulle nie net akademies uitblink nie, maar ook in die wêreld van wetenskaplike ondersoek en innovasie uitmuntend presteer! Deur deelname aan verskeie wetenskap ekspo’s kry leerders die geleentheid om buite die boks te dink, hul kreatiwiteit uit te leef, nuwe vriendskappe te vorm én ’n voorsmakie te kry van die universiteitswêreld.

Benewens die waardevolle leerervaring, wag daar opwindende pryse en selfs universiteitsbeurse op uitstaande projekte. Boonop kry deelnemers die kans om deel van die Junior Tukkie-program aan die Universiteit van Pretoria te word.

Noord-Gauteng Distrik Wetenskap Ekspo 2025
Die Noord-Gauteng Distrik Wetenskap Ekspo vind einde Augustus 2025 by die Universiteit van Pretoria plaas. Elke jaar sien ons vars idees en slim oplossings vir werklike probleme – ’n duidelike bewys van die innoverende gees van ons leerders.

Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes 2024 – Uitmuntende Resultate!
In 2024 het agt Monties deelgeneem aan die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes, waar hulle hul wetenskaplike nuuskierigheid en probleemoplossingsvermoë met trots ten toon gestel het. Van hierdie agt het sewe leerders deurgedring na die Streeks Expo, met uitsonderlike resultate:

• Matthew Pullen – Generating Electricity with a Magnetic Generator (Goud)
’n Briljante voorbeeld van hoe wetenskap en kreatiwiteit saamwerk om krag op nuwe maniere op te wek.

• Divan Oosthuizen – Water Wheel Filtration System (Silwer)
’n Slim oplossing vir skoon watervoorsiening deur eenvoudige meganiese beginsels toe te pas.

• Kaylee-Jane Koen & Moya Wolvaardt – Borehole Hydroelectric Power Generator (Silwer)
Hul unieke idee het beoordelaars beïndruk met ’n realistiese benadering tot energie-opwekking uit boorgate.

Internasionale Erkenning vir Montie Innovasie
Kaylee-Jane Koen en Moya Wolvaardt se projek is gekies vir twee internasionale wetenskap ekspo’s ná hul deelname aan die Imbewu Science Fair:
➢ Milset Expo-Sciences Europe 2024 (Europa, 15-20 Julie 2024)
➢ Yakutia International Science Fair 2024 (Virtueel, Rusland, 6-10 Julie 2024)

By Yakutia het hulle met trots Suid-Afrika verteenwoordig en ’n silwer toekenning ingepalm – ’n ongelooflike prestasie!


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres