Ouerbetrokkenheid

Montie-ouers het geleentheid en word genooi om betrokke te raak by die verskillende Beheerliggaamkomitees. Die komitees funksioneer uitstekend met die breinkrag, idees en inisiatief, betrokkenheid en vaardighede van die betrokke ouers en nuwe lede is altyd welkom.

Huidige Beheerliggaamkomitees en hul werksaamhede:

Finansies & Debiteure
Fokus op gesonde bestuur van die skool se finansies en invordering van skoolgeld

Terrein En Infrastruktuur
Fokus op onderhoud en ontwikkeling van die skool se terrein en infrastruktuur

Buite-Kurrikulêre Ontwikkeling: Sport
Fokus op die ontwikkeling en bevordering van sport by die skool

Buite-Kurrikulêre Ontwikkeling: Kultuur
Fokus op die ontwikkeling en bevordering van kultuur by die skool

Sosiaal & Ouerskakel
Fokus op leerderbelange in die breë en sosiale funksies by die skool

Dissipline
Hanteer dissiplinêre sake

Bemarking/Beeldbou
Fokus op ‘n goeie naam en beeld van die skool en die bevordering daarvan, en fondsinsamelingsprojekte

Uitgekontrakteerde Dienste
Hanteer alle uitgekontrakteerde dienste wat aan die skool gelewer word

Regsaangeleenthede
Hanteer alle regsverwante aangeleenthede van die skool 


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres