Ons cheerleaders laat Montana trots met hul talent en toewyding! In 2024 het agt van ons lede hul Gautengklere verwerf, vier het nasionale kleure ontvang, en twee is opgeneem in die SA-span wat Suid-Afrika in 2025 in Amerika sal verteenwoordig!
Hul spanwerk, dissipline en passie dryf hulle tot uitnemendheid. Hierdie sport bied geleenthede om verder as skoolvlak te presteer – met genoeg deursettingsvermoë kan jy selfs internasionaal meeding.
By Montana is cheerleading nie net ‘n sport nie, dit is ‘n familie wat mekaar motiveer om altyd hoër te mik!