Hokkie

Die oomblik wanneer jy besef jy is omring deur jou spanmaats, opgewondenheid wat in golwe deur jou spoel, woordeloos oor die oorwinning wat in die doodsnikke van die wedstryd voor die opponente weggeraap is deur ‘n korthoek, is die oomblik wat jy besef: híérdie is die essensie van hokkie! Die vinnige pas van hierdie sport is een van die redes waarom dit verslawend is om na te kyk en uitdagend om te speel – ás jy daarvan hou om jouself na hoër hoogtes as te dryf ooit tevore!

Dit is geen wonder dat hierdie sport eksponensieël groei nie. Dit stel hoë eise aan kundigheid en vereis tegniese vaardigheid, wat slegs deur intensiewe oefening bereik kan word. Om jou plek te verseker in een van die elf dogterspanne en vier seunspanne, moet jy álles insit, want hokkie het gegroei tot een van Hoërskool Montana se gewildste sportsoorte.

Wanneer ‘n mens terugkyk na die 2023-hokkieseisoen en besef dat, met vyftien hokkiespanne, Hoërskool Montana vir baie leerders geleentheid bied om aan die sportsoort van hul keuse deel te neem, voel ons trots. Die begin van ons hokkieseisoen was vir ons `n hoogtepunt. Ons is dankbaar vir ons borge wat ons ondersteun het in 2023. Ons is trots daarop dat ons seuns- en dogtersspanne in die A-liga in Pretoria kompeteer. Ons het goeie, kwaliteit-afrigters, waarvan vier self nog klubhokkie speel en een provinsiaal afrig. Monties hokkie sien uit om in die 2024-seisoen astronomiese hoogtes te bereik.

#MontiesHOKKIE


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres