Sagtebal

Sagtebal het in 2024 baie goed presteer. Die 0/15A-span was ligawenners, en die 0/16A-span het tweede in die liga geëindig. Beide spanne, asook die eerstespan het gekwalifiseer vir die Tshwane Kampioenskappe. Hier het die 0/15A-span algeheel tweede geëindig, terwyl die 0/16A-span en die eerstespan algeheel vierde geëindig het.

Die skool se A-spanne het algeheel derde in die liga geëindig.

Die B-spanne speel in hul eie liga, waar die 0/16B-span as ligawenners gekroon is, en die 0/14B-span algeheel derde geëindig het. Dit is die tweede jaar wat ons B-spanne in al die ouderdomsgroepe het, met spelers en afrigters wat die ekstra myl loop en hul taak uitstekend uitvoer.

Me. Jackie van Wyk is weer verkies op die TSSA se raad as Ontwikkelingskoördineerder vir Hoërskole.

Die skool het ook 8 provinsiale spelers opgelewer in die 0/15- en 0/19-kategorieë, asook 2 provinsiale afrigters:

• 2 x Bluesox
• 2 x Redsox
• 2 x Whitesox
• 2 x Kgodiso
• 0/15 Kgodiso afrigter
• 0/13 Whitesox afrigter
Ons sien uit na ‘n suksesvolle 2025-seisoen.

Kontak gerus vir mnr. JJ Diamond vir meer inligting by: jjdiamond@hsmontana.co.za


Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres