Sewe-aan-‘n-kant-rugby

Hierdie blitsige sport is baie gewild onder die Montie-seuns. In die afgelope paar jaar is 5 seuns ingesluit in die Blou Bul 7’s-spanne. In 2023 spog Montana weereens met ‘n 0/17 Blou Bulle-speler. Ons kondisioneringsprogram wat oorvloei na ons 7’s-seisoen het ‘n groot aandeel in ons seuns se vermoëns om kompeterend te wees in elke toernooi.

Ons bied jaarliks ‘n groot 7’s-toernooi aan, 48 spanne in totaal. Hierdie toernooi dien vir die Blou Bulle Unie as proewe en kwalifiserende rondte vir Noordvaal. Aan hoof van die sewe-aan-`n-kant-program is ons sukesevolle afrigters, Morné Human en Jan Cloete. Mnr. Bradley Engels het ook nou aan boord gekom as hoof kondisioneringsafrigter van die 7’s-seuns. Nog nuwe afrigters is aangestel in die 7’s program: Fazeel Robertson (WP Sewes), Jahnno Lehmann (All star sewes) EN JJ Motlhodi (Blue Bulls 10’s). Ons sien geweldig uit na 2024 se 7’s-seisoen en opgewonde om die impak van die nuwe afrigters te sien. Daar is beslis potensiaal om weer ‘n Blou Bulspeler of twee op te lewer.


Kopiereg © 2015-2022

Kontakbesonderhede

Kantoor: (012) 548 0160/1
(012) 548 1856

Straatadres