In 2024 het ons aan die Magaliesskool Sokkerliga deelgeneem. Die 0/15- en eerstespan het gemengde sukses behaal, waar die eerstespan met ’n enkele punt die uitspele misgeloop het.
Monties sokker het in 2024 ’n baie groot belangstelling gehad, en ongeveer 56 seuns het proewe bygewoon. Daar het ook ’n liefde en belangstelling onder die dogters ontstaan vir ’n vrouespan in die toekoms. Met nuwe doelwitte en beplanning vir ’n goeie voorseisoen, sien ons baie uit na 2025.